Wie is Walker Water Solutions

Walker Water Solutions (WWS) is reeds vir die afgelope 22-jaar aktief betrokke in die veld van Waterbronbestuur. Claret Walker begin werk as `n Staatsdiens beampte by die Departement van Waterwese en Bosbou in Pretoria gedurende 1998, en sluit later aan by die Departement van Omgewingsake in die Wes-Kaap in die jaar 2000. Gedurende 2002 – 2012 werk sy as `n raadgewer by die Werk vir Water en Werk vir Vleilande Programme op `n konsultasie basis. Walker Water Solutions word gestig in 2014 na aanleiding van die behoefte om Aansoekers te assisteer met Watergebruik Lisensie Aansoeke soos deur die Water Wet vereis sedert 2006.

Wie ons is:

Claret Walker behaal haar BA(HOD)(Hons) Graad in Geografie in 1995 aan die Universiteit van Pretoria. Kort daarna begin haar beroep by die Departement van Waterwese en Bosbou in Pretoria in 1998, waar sy betrokke raak met Waterbron Bestuur op `n Strategiese vlak tydens die Nasionale uitrol en koördinering van die Biodiversiteit Rentmeesterskap Projek. Na verdere blootstelling aan Waterbron Projekte vanaf Beleidsvorming tot op voetsoolvlak by verskeie ander instellings, besef Claret hoe belangrik die aspek van Opvoeding en Kennis Deelname is, in die bedryf. Sy behaal haar Meestersgraad in Omgewings Opvoeding by die Universiteit van Rhodes in Grahamstad gedurende 2011. Sedert Walker Water Solutions gestig is in 2014, het hulle al meer as 150 Water Gebruik Aansoeke afgehandel. Claret is passievol oor Water en hanteer elke aansoek met toewyding en oorgawe.

Ons Dienste

• Die Registrasie van Bestaande/Nuwe Watergebruike

• Die koördinering en samestelling van alle tipes Watergebruik Lisensies /Algemene Magtiging Aansoeke

• Watergebruik Lisensie Ouditering en Wysigings

⦁ Oordrag van Watergebruik Magtigings

⦁ Verskaf advies en assisteer kliënte met interpretasies van die Water Wet

⦁ Skakel met Departement van Waterwese (DWS) rondom navrae oor die Water Wet, namens kliënte.

Sektore Wat Van Ons Gebruik Maak

Walker Water Solutions se dienste het wyd uiteenlopende sektore oor die afgelope 6jaar geraak. Watergebruiks Aansoeke is al names verskeie kliente voltooi, oor die land:

a) Mynbou
b) Landbou
c) Residensiële Ontwikkelaars
d) Gholfbane & Gholflandgoedere
e) Munisipale water voorsienings en -suiweringsaanlegte
f) Privaat Grondeienaars

Die besigheid verskaf `n omvattende diens wat die aansoeker ondersteun vanaf die loods van die aanvanklike aansoek proses, regdeur tydens onderhandelinge met die Plaaslike Water Owerheid tot en met die aansoek indiening. Die belangrikste bydrae vanaf WWS tot die proses, is die ondersteuning, fasilitering en voortdurende kommunikasie met die Department gedurende die Assessering van die Aansoek.

Verantwoordelikhede

• Saamstel van die Water Lisensie Aansoek en gepaardgaande verslae afhangende van die tipe water aktiwiteit

• Saamstel van die Gedeelte 27 Motiverings Verslag.

• Voltooi die Watergebruik Lisensie Aansoekvorms (DW Vorms).

• Onderhandel met die Departement van Waterwese Beamptes voor en na die aansoek ingedien is.

• Onderhandel met die projekspan o.a. Stadsbeplanners, Omgewingskonsultante, Ingenieurs, Afvalwater Spesialiste,
Vleiland- en Varswater Spesialiste asook die Geohidroloë.

• Saamstel van verskeie tipe kaarte met die gebruik van GIS sagteware.

• Onderneem Publieke Deelname soos voorgeskryf en vereis deur die Nasionale Waterwet.

• Inkorporeer Omgewingsimpakstudies en Basies Assesseringsverslae in die Watergebruik Lisensie aansoeke

• Verseker dat die aansoeker op hoogte bly van die verloop van sy aansoek tot en met die goedkeuring/uitreik van die Lisensie/ nodige papierwerk.

Het u enige vrae?
Vra ons gerus: