Daar is vier kategorieë waterregte wat die grondslag vorm van die wetlike reg tot water in Suid Afrika.
Skedule 1 – Watergebruik: Is oor die algemeen laevolume, lae-impak aktiwiteite wat saamhang met huishoudelike gebruik, watervoorsiening aan vee, ontspanningsgebruik en die gebruik van water vir noodsituasies. Hierdie watergebruik is toelaatbaar en verg nie lisensiëring of registrasie nie.
Bestaande wettige gebruik: Voordat die Nasionale Water Wet in 1998 gepromulgeer is, is watergebruik deur die Waterwet (Wet 54 van 1956) beheer. As ’n algemene reël word alle watergebruik voor 1998 ingevolge die Nasionale Water Wet as bestaande wettige gebruik geag. Toepaslike rekords soos ontwerpe vir besproeiings-infrastruktuur moet egter in plek wees om te bewys dat die watergebruik voor 1998 bestaan het en die bestaande wettige gebruik moet deur die DWS geverifieer en geldig verklaar word. Alle bestaande wettige gebruike moet geregistreer word.
Algemene magtiging: Daar is ’n Regeringskennisgewing (GN) vir elke watergebruik aktiwiteit wat die grense en voorwaardes stel waarvoor ’n watergebruik ingevolge ’n algemene magtiging toelaatbaar is. ’n Algemene magtiging vervang die behoefte dat ’n watergebruiker ingevolge Artikel 21 van die Nasionale Water Wet om ’n lisensie aansoek moet doen. ’n Algemene magtiging word aan ’n spesifieke ligging gekoppel, met verskillende grense wat per kwaternêre opvangsgebied gestel word.
Watergebruik lisensie: Artikel 21 van die Nasionale Water Wet lys alle watergebruik aktiwiteite wat ’n watergebruik lisensie vereis en is onderworpe aan ’n aansoek om ‘n watergebruik lisensie te bekom wat vereis word as:
• die watergebruik die grense van Skedule 1 oorskry;
• die watergebruik ná 1998 plaasgevind het/beplan is om ná 1998 plaas te vind (nuwe watergebruik);
• die watergebruik die grense wat uiteengesit word in die regeringskennisgewing oor algemene magtigings oorskry.
Die volgende bedrywighede is voorbeelde van watergebruike wat moontlik ’n watergebruik lisensie vereis:
Artikel 21 (a) Neem water uit ’n waterbron;
Onttrekking uit ’n rivier, boorgat of dam in beduidende volumes in sekere areas soos deur Waterwese gestipuleer.
Artikel 21 (b) Berging van water;
Berging in damme (skoon water) in betekenisvolle volumes, die vergroting of verkleining van damme asook die skuif van damme in verhouding tot die bestaande water stroom, rivier of afloop op die eiendom.
Artikel 21 (c) Belemmer of keer die vloei van water in ’n waterloop weg;
Konstruksie van damme in die stroom; konstruksie van brûe en keerwalle of die maak van landerye of die bou van enige menslike aktiwiteit binne in die gereguleerde area van die stroom.
Artikel 21 (d) Neem deel aan ’n aktiwiteit wat die stroomvloei verminder;
Bebossing (kommersiële hout).
Artikel 21 (e) Neem deel aan ’n beheerde aktiwiteit;
Besproeiing met afvalwater buite die grense wat in die regeringskennisgewing oor algemene magtiging uiteengesit word.
Artikel 21 (f) Uitskot van afval of water wat afval bevat na `n waterafloop, deur `n pyp, kanaal, rioolpyp, see-uitloop of enige ander leivoor;
Afvoer van besoedelde water of gesuiwerde water wat elemente van besoedeling bevat na `n natuurlike rivier, stroom of afloop op enige eiendom.
Artikel 21 (g) Raak ontslae van afval op ’n manier wat ’n nadelige impak op ’n waterbron kan hê.
Konstruksie van septiese tenks en dreineerputte wat verbind word met melkerye, voerkrale, personeelbehuising, kantore, vulstasies, abattoirs ensovoorts.
Artikel 21 (i) Verander die bedding, oewer, loop of eienskappe van ’n waterloop
Konstruksie van damme in die stroom; konstruksie van brûe en keerwalle of die maak van landerye of die bou van enige menslike aktiwiteit binne in die gereguleerde area van die stroom.
Indien jy sou belang stel dat Walker Water Solutions jou help met jou Water Goedkeurings Proses, kan jy een van twee roetes volg:
⦁ Maak kontak met Claret Walker per epos of telefonies om jou saak te verduidelik en meer inligting te ontvang.
⦁ Indien jy seker is jy wil /moet aansoek doen vir `n Water Goedkeuring soos hierbo uiteengesit, kan jy alreeds die Aanlyn Aansoekvorm hieronder voltooi en terugstuur per e-pos aan claretwalker@yahoo.com
Na die aanvanklike kontak met Walker Water Solutions sal verdere bespreking nodig wees oor die proses wat gevolg moet word, tesame met `n aanvanklike kwotasie.
e-Aansoek/ Aanlyn Aansoeke
Voltooi ons e-Aansoek/ aanlyn aansoekvorm hieronder. U kan ook die Waterlisensie-aansoekvorm hieronder aflaai en ter e-pos aan claretwalker@yahoo.com stuur.
