Projekte reeds afgehandel:
a) Shell Ultra Petrol Stasie N1 Worcester: (Kliënt: Feptiq Edms. Bpk.)
Aktiwiteit 21(c&i):
`n Pyplyn wat deur die Bothaspruit loop word vervang deur `n nuwe hangbrug konstruksie wat die Bothaspruit kruis en die nuwe pyplyn dra. Walker Water Solutions was aangestel om die aansoek by Breede Gourits Watergebruikers Vereniging (BGCMA) in te dien, te koördineer en deur te sien tot die einde van die projek.
b) Somer Forest Residensiële Ontwikkeling: (Klient: Kiam Properties Edms. Bpk)
Aktiwteit 21(c&i):
Die konstruksie van `n rivier oorgang en die lê van pyplyne oor/deur `n rivierbodem kan lei tot die verandering in die vloei van `n waterstroom/rivier, asook die verandering van die rivier oewer, bodem of die rivier se karaktereienskappe. Beide hierdie aktiwiteite vereis dat `n watergebruiks goedkeuring by die Department van Waterwese gekry moet word.
c) Fransberg Dam, Hexrivier: (Klient S. Jordaan)
Aktiwiteit 21(b):
Die vergroting van `n bestaande opgaardam om winterwater te kan stoor. Die aansoek is nie slegs vir Nuwe Damme nie maar word ook nodig as daar enige veranderinge plaasvind aan die kapasiteit van `n bestaande opgaar fasiliteit. Groter of kleiner.
d) Lavender Crossing Vulstasie / Philadelphia Petroland (Klient: Petroland Development)
Aktiwiteit 21(e/g):
Die besproeiing van landskap en tuine met water wat skoongemaak word vanaf `n industriële proses of van `n water suiwerings aanleg (ablusie geriewe). Daarby was ook die konstruksie van `n retensie dam as deel van die stormwater afloop plan.
e) Oakhill Skool Komplek (Klient: Oakhill Skool Knysna)
Aktiwiteit 21 (a,b,e,g):
Geïntegreerde Lisensie Aansoek wat al die bogenoemde aktiwiteite aangespreek het, die neem van water, die stoor van water die besproeiing met afval water vir die sportskompleks asook die terugsit van skoongemaakte water in die naby geleë Knysna rivier.
