Walker Water Solutions (WWS) is betrokke in die veld van Waterbronbestuur vir die afgelope 17 jaar. Claret Walker begin werk as `n Staatsdiensbeampte by die Departement van Waterwese en Bosbou in Pretoria gedurende 1998, en sluit later aan by die Department van Omgewingsake in die Wes-Kaap. Gedurende 2003-2008 werk sy as `n onafhanklike konsultant en is betrokke by die Werk vir Water en Werk vir Vleilande Programme.
Gedurende 2012, besluit Claret Walker om Walker Water Solutions op die been te bring, en werk in die veld van watergebruikswetgewing en die wetlike kwalifisering van die Waterwet en gepaardgaande bepalings. In dié veld werk sy saam met verskeie kliënte onder andere, omgewingskonsultante, ontwikkelaars, verskillende vlakke van die staatsdiens bv. Stad Kaapstad asook vele privaat grondeienaars asook heelwat boere.

